Annatjie du Plooy from Christiana received her reconstruction in Cape Town on 6 April
"I don’t have enough words of expression to thank Journey of Hope for their help to make my dream alive again. I am so grateful that I can be a lady again after seven years."
Wat kan ek sê! Woorde is daar nie in my woordeskat om te sê hoe ek daarna uitsien om weer ten volle vroulik te kan voel. Alhoewel die mastektomie - byna sewe jaar gelede - nie vir my baie traumaties was nie (moontlik as gevolg van die onvoorwaardelike, liefdevolle ondersteuning van my man en kinders), het die ongemak van 'n prostese in die afgelope jare by my die behoefte laat ontstaan vir 'n rekonstruksie.
Omdat ons nie meer oor 'n mediesecfonds beskik nie, het ek maar net daaroor gedroom totdat Journey of Hope vir my 'hoop', maar nog meer, 'n absolute verwesenliking van my vrouwees-droom 'n werklikhied gemaak het. Alhoewel ek nooit weer kaal rokke of toppies sal kan dra as gevolg van die litteken nie, sal dit beslis my lewenskwaliteit drasties verbeter.
Duisende dankies aan die dames van Journey of Hope vir jul onbaatsugtige diens. Die Here seën julle as 'n organisasie maar ook as individue wat soveel vreugde aan vroue wêreldwyd bring."
|