Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player

News

Een vrou bring kerk tot stilstand - 20 October 2009

Adri van Nieuwenhuizen
Sanet Venter van Heidelberg in die Transvaal by die foto van haar meisiekind, Sone (8) wat in dieselfde jaar wat sy met borskanker gediagnoseer is, in ‘n fratsongeluk oorlede is. Sanet is een van die nuwe ryers in die tweede Journey of Hope wat tans deur die land plaasvind. Agtien vroue wat borskanker oorkom het, ry op kragtige Harley Davidson motorfietse deur die land om ‘n boodskap van hoop te bring.

Een van die nuwelinge in die Journey of Hope Borskanker-rit, Sanet Venter van Heidelberg in die Transvaal, het Sondag gesorg dat ‘n hele kerkdiens tot stilstand kom terwyl die dominee telefonies met haar op Lambertsbaai gepraat het. Die NG-gemeente Rensburg het besluit hulle wou die dag vir die sonderlinge en dapper vrou bid en toe dit blyk dat sy nie die diens sou kon bywoon nie, het hulle besluit om die tegnologie in te span en met haar kontak te maak.

Sanet, wat vyf jaar gelede met borskanker gediagnoseer is en verlede jaar met kanker in die long, het minder as ‘n maand glede haar motorfietslisensie gekry, so haar deelname aan die Journey is werklik vir haar ‘n lewensrit vol uitdagings en nuwe oorwinnings.

Sanet en die ander 17 vroue wat die weeklange rit vanaf Kaapstad na Johannesburg op kragtige Harley Davidson motorfietse aandurf, was aan die smul aan ‘n heerlike ontbyt by ‘n Gastehuis langs die see by Lambertsbaai, toe sy die oproep van ds Derrick Claassen gekry het. “Ek was eers uit die veld geslaan, maar toe hy se dat die hele gemeente vir my wil bid en my opdra, het ek so klein gevoel” het sy gese. Volgens haar het hulle ‘n foto in die kerk gehad en ds Claassens het sy foon aan die klankstelsel gekoppel sodat almal kon hoor wat sy se. “Hy het vrae oor die Journey gevra en toe vir my ‘n stuk uit Kol 4 gelees waar Paulus vir die gemeentes dankie se en daarna het hulle vir my gebid. Die hele gemeente bid konstant vir my en dit is wonderlik om te weet jy het so ‘n soliede ondersteuningsraamwerk” het sy bygevoeg.

Borskanker is in Januarie 2005 by haar gediagnoseer. Binne ‘n kort periode het sy ‘n mastektomie, chemo en bestraling gekry . ‘n Paar maande later het nog ‘n terugslag vir Sanet en haar man Anton getref. Hul meisiekind Sone (8) is dood tydens ‘n frats ongeluk by die huis toe ‘n skuifhek op haar geval het. Sanet het dan ook die Journey aangepak met ‘n foto van haar meisiekind vasgemaak aan ‘n pienk beertjie op die fiets. “Sy ry oral saam met my” het sy verduidelik.
Sanet se borskanker was onder beheer en sy het met haar lewe voortgegaan. Vroeer vanjaar het sy ‘n knop in haar nek gevoel. By nadere ondersoek het dit geblyk dat dit ‘n kwaadaardige gewas is – en terselfdertyd het die dokters vasgestel dat sy kanker in haar een long het.

Sy is geopereer en ontvang nog steeds chemo – trouens sy het nog nie week voor die Journey behandeling gekry.
Volgens Sanet is dit een van die wonderlikste ervarings in haar lewe om saam met ‘n groep dinamiese, sterk vroue wat al die diepste donkerstes beleef het, te ry. “Die ondersteuning is wonderlike en die Journey is beslis ‘n ervaring wat my lewe verrander” het sy bygevoeg.

Sondag het ‘n vriendin van Sanet, Kandas van Aswegen, ook van Heidelberg saam met ander vriendinne en hul kinders aan die Etemba Cancer Walk by die Johannesburg se dieretuin deelgeneem om te wys hulle ondersteun al haar pogings.

Sanet en die ander 17 ryers is tans besig om die paaie van die Weskus en Noord-Kaap plat te ry en oral waar die gebrul van die motorfietse gehoor word, bring hulle hoop vir vroue wat in dieselfde bootjie is.
Die Journey dra die boodskap van hoop rondom vroee diagnose en ehandeling van borskanker uit. Volgens statistiek word een uit elke 27 vroue met borskanker gediagnoseer. Met vroee opsporing is daar ‘n 95% kans op oorlewing. Afgesien van die bewusmakingsveldtog van die Journey is die uiteindelike doel om vrouens te help met die heelwordingsproses na afloop van chirurgie en behandeling as gevolg van borskanker.

DENISE LLOYD
Editor
ANYTIME MAGAZINE

Back to News

 

Support Us
Promotional Items
Breast self examination
Breakfast Run Application
Breast Cancer
Read Messages
Facebook

Journey of Hope is a non-profit, registered Section 21 Organisation run by volunteer breast cancer survivors. Registration Number: 2008/020129/08
© 2009 Journey of Hope | Home | The Journey | Team | Sponsors | Fundraising | Gallery | News | Media | The Cause | EVENTS | Contact